Protea Aftree Oord Centurion bied die volgende:
Akkommodasie:
Die oord bestaan uit 202 deeltitelwonings en word kragtens die Deeltitelwet bestuur deur ‘n raad van trustees wat jaarliks by ‘n algemene vergadering deur die eienaars verkies word.
Eenhede wissel van eenslaapkamer-wonings sonder motorhuis tot twee- en drieslaapkamereenhede, elkeen met ‘n toesluitmotorhuis. Eiendomsreg (deeltitel) kan gekoop word, of lewenslange okkupasiereg kan met die eienaar van ‘n eenheid beding word.
Verder is daar administrasiekantore, ‘n eet- en ontspanningsaal met moderne kombuis,
Sorgsentrum, swembad, park en onthaal-afdak met braaigeriewe, biblioteek en haarsalon.
Die oord se personeel bestaan uit ‘n bestuurder en 75 voltydse werknemers.
Sekuriteit:
Sekuriteit word deur ‘n gevestigde kontrakteur verskaf. Die oord is met elektriese drade omhein wat deurentyd deur opgeleide wagte gepatrolleer word. Die enigste ingang word streng beheer en elke wooneenheid word per radio-noodknoppie met die sekuriteit verbind.
Die sekuriteitstelsel is verbind met ‘n eksterne noodreaksiediens.
Ander Fasiliteite:
-n Park en onthaalafdak met agt braaiplekke.
-Pragtige omheinde swembad met verkleekamers.
-Interne poskantoor.
-Eetsaal met klankstelsel wat vir allerlei funksies beskikbaar is.
-Twee biblioteke – ‘n tak van die stadsbiblioteek plus ‘n interne boekery.
-n Gerieflike bussie wat inwoners twee keer per week na verskillende winkelsentrums in die omgewing heen en terug bring.
-Skoonmaker en tuinwerker vir elke eenheid, een keer per week.
-Haarsalon met professionele personeel.
-Kerkdienste word gereeld in die saal aangebied.
-n Vrywillige Omgeegroep en ‘n Vrouediens lewer waardevolle sosiale dienste.
-n Spesiale DSTV-pakket teen verminderde tarief is beskikbaar.
Die oord bestaan uit 202 deeltitelwonings en word kragtens die Deeltitelwet bestuur deur n raad van trustees wat jaarliks by n algemene vergadering deur die eienaars verkies word.
Sekuriteit word deur n gevestigde kontrakteur verskaf. Die oord is met elektriese drade omhein wat deurentyd deur opgeleide wagte gepatrolleer word.
n Park met agt braaiplekke. Omheinde swembad met verkleekamers. Interne poskantoor. Twee biblioteke. Gerieflike bussie wat inwoners twee keer per week na winkelsentrums vat.