Ons Sorgsentrum
Die oord se geregistreerde Sorgsentrum bied akkommodasie aan 30 verswakte bejaardes in enkel- of dubbelkamers met gemeenskaplike badkamers en toilette.
Professionele, opgeleide personeel sorg dag en nag vir die inwoners. Dit behels fisieke en mediese versorging, drie maaltye plus teetye per dag, skoonmaakdienste, klere- en linnewassery en 24-uur-sekuriteit.
n Spesiale ontspanningskamer is vir Alzheimer-lyers ingerig.
Die dienste van ‘n voetversorger, fisioterapeut en besoekende geneesheer kan per afspraak gereël word. ‘n Arbeidsterapeut bied weekliks ‘n verskeidenheid aktiwiteite aan terwyl musiekterapie en hondeterapie van tyd tot tyd gereël word.
Kerkdienste, verjaardag-teepartytjies, ‘n lentetee met gaskunstenaars en spesiale programme op ander feesdae word deur die jaar aangebied.
• Die Sorgsentrum verskaf ook deurentyd diens aan al die ander inwoners in die oord.
• Elke wooneenheid is via ‘n noodknoppie met die Sorgsentrum (en met Sekuriteit) verbind.
• Gratis kliniekdienste deur opgeleide personeel is by die Sorgsentrum beskikbaar.